Skip to content

Krieket: Brevis lei Proteas na maklike oorwinning oor Zimbabwe

# Krieket: Dewald Brevis het ‘n onoorwonne 75 lopies van slegs 32 balle gemoker in Suid-Afrika se oorwinning met sewe paaltjies oor Zimbabwe in die T20-driehoekreeks in Windhoek. Zimbabwe het 144 vir agt aangeteken nadat die Proteas se draaiboulers, gelei deur kaptein Bjorn Fortuin en Prenelan Subrayen, hulle gekniehalter het. Brevis het Suid-Afrika in die 14de boulbeurt tot ‘n oorwinning gelei, met nog 38 balle oor. Sy beurt het sewe viere en ses sesse ingesluit. Die oorwinning plaas Suid-Afrika weer op koers na hul nederlaag teen Namibië.