# Turkye, Saoedi-Arabië en Pakistan onderteken vandag ‘n gesamentlike verdedigingsverdrag te midde van toenemende onbestendigheid in die streek terwyl Golflande onder Iranse aanvalle deurloop ná Amerika en Israel se aanvalle op Iran. Reuters berig die verdrag versterk samewerking tussen ‘n groeiende groep invloedryke Soennitiese Moslemlande, maar besonderhede oor elke land se verpligtinge is nog nie […]
# Die ANC se steun in Johannesburg het tot 18-persent gedaal in die Social Research Foundation se jongste meningspeiling, wat toenemende druk beklemtoon voor November se plaaslike regeringsverkiesing. Die opname, wat in vennootskap met The Common Sense gedoen is, toon dat die DA meer as dubbel die ANC se steun het. Die afname hou verband […]
# GIWUSA veroordeel eMedia se aankondiging dat hy van voorneme is om 171 werknemers by eNCA af te dank. eMedia Holdings het slegs weke terug die vergoeding van sy topbestuurders bekend gemaak ingevolge onlangse wysigings aan die Maatskappywet. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die groep het ‘n inkomste van drie-miljard-rand en ‘n wins van […]
# Die finansiële tegnologiefirma Verto waarsku ‘n voorgestelde beleid wat strategiese petroleumvoorraad verpligtend maak, kan Suid-Afrika se brandstofsekerheid versterk, maar ook die kostes vir invoerders verhoog. Die konsepbeleid vereis van die staat om strategiese brandstofvoorraad vir 60 dae aan te hou, terwyl groothandelaars en invoerders verpligte reserwes vir 21 dae moet handhaaf. Verto sê die […]
# Die Parlement se Gekose Komitee oor Maatskaplike Dienste vra geïntegreerde, voldoende befondsde optrede om MIV en seksueel oordraagbare siektes, tienerswangerskappe, dwelmmisbruik, armoede en geslagsgeweld te bekamp. Dit volg op die Suid-Afrikaanse VIGS-Raad se kommer oor MIV- en seksueel oordraagbare siektes, veral tussen 13-50-jariges. Die komitee beklemtoon die behoefte aan jeuggesentreerde ingrypings wat regstreeks op […]
# n Veertienjarige seun het vanoggend agt mense in Thailand doodgeskiet en minstens 22 gewond. Volgens owerhede het die tiener eers sy grootouers doodgeskiet in sy huis aan die buitewyke van Bangkok. Hy is daarna na sy skool, die Debsirin Nonthaburi School, waar hy drie onderwysers en drie kinders doodgeskiet het. Die seun het homself […]
# Rugby: Die voorste twee spanne op die punteleer, die Leeus en Griekwas, skop die naweek se Curriebeker-aksie môre-middag eenuur in Kimberley af. Die Blou Bulle kom daarna op Loftus teen die Pumas te staan, gevolg deur die wedstryd tussen die Haaie-vyftiental en Boland Kavaliers in Durban. Sondag ontmoet die Stormers-23 die Cheetahs op die […]