Skip to content

Soil of Africa sê groei in die toerismesektor moet nou lei tot meer werkskepping [KLANK]

# Die burgerlike beweging, Soil of Africa, sê Suid-Afrika se groei in die toerismesektor moet nou regstreeks aanleiding gee tot grootskaalse werkskepping. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het aangekondig Suid-Afrika het 991-duisend-696 internasionale toeriste in Julie 2026 verwelkom, wat ‘n toename van 12,5 persent verteenwoordig in vergelyking met Julie 2025. Tussen Januarie en Julie 2026 het die land 6,5-miljoen internasionale toeriste-aankomste aangeteken, ‘n toename van 12,4% in vergelyking met 2025. Die beweging se woordvoerder, Luzuko Sofute, sê Suid-Afrika beskik oor buitengewone toerismebates:

ENG SofuteONTourism