# Sokker: Orlando Pirates is deur na die MTN8-einstryd ná hul ‘n 3-0 oorwinning oor Sekhukhune United op die Orlando-stadion. Danksy doele in die eerste helfte deur Thapelo Mokobodi en Ghampani Lungu, asook ‘n laat doel deur Kamogelo Sebelebele, kon die Buccaneers hul 1-0-voordeel uit die eerste been in Polokwane verder vergroot. Die verdedigende kampioene sal nou teen die wenners van die ander halfeindstryd te staan kom. Die uitslag hou Pirates op koers vir nog ‘n trofee vroeg in die seisoen.
Sokker: Pirates systap Sekhukhune om MTN8-eindstryd te haal