# Owerhede in Nepal het gewaarsku teen hernude oorstromings, met die dodetal ná verlede Woensdag se kitsvloede langs die Nepal-Tibet-grens wat steeds styg. Minstens 788 mense is in Nepal dood, terwyl Chinese owerhede minstens 16 sterftes aangemeld het. Na raming word drie-duisend mense in beide lande vermis, insluitend buitelandse burgers. Nepalese owerhede het inwoners in vloedgeteisterde distrikte versoek om op hoë gereedheidsgrondslag te bly nadat watervlakke in die Bhote Koshi-rivier gestyg het. ‘n Gletserineenstorting het die ramp veroorsaak.
Oorstromingswaarskuwings duur voort na dodelike kitsvloede langs die Nepal-Tibet-grens