# Die Afrika Mayibuye-beweging sê hy het kandidate regoor Suid-Afrika om die 2026-plaaslike regeringsverkiesing in alle munisipaliteite te betwis. Die beweging se president, Floyd Shivambu, sê kandidate is geïdentifiseer deur konsultasies in al vierduisend-488 wyke. Shivambu sê die proses het daarop gefokus om etiese, bekwame en gemeenskapsgerigte leiers te vind. Hy sê die benadering weerspieël […]
# Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ‘n beroep op inwoners van Reigerpark aan die Oos-Rand in Gauteng gedoen om ondersoekbeamptes te help om die persone te identifiseer wat verantwoordelik is vir die moord op twee lede van die Teen-Bende-eenheid. Die nasionale Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê gespesialiseerde polisie-eenhede is ontplooi om die verdagtes op […]
# Rugby: Die Stormers het gisteraand in ‘n volgepakte Kaapstad-stadion moedig teruggeveg teen die All Blacks in die openingswedstryd van die Rugby’s Great Rivalry-toer maar uiteindelik die kragmeting met 38-21 verloor. Die rustydtelling was 14-7 in die besoekers se guns. Die Stormers kon hul man staan in die vaste fasette van die spel, maar uiteindelik […]
# Die Curriebeker-reeks betree dié naweek ‘n opwindende vierde ronde met vier belangrike wedstryde. Die verdedigende kampioene, die Griekwas, ontvang die Leeus Saterdag in Kimberley vir ‘n kragmeting tussen die voorlopers op die punteleer. Die Bulle 15 pak die Pumas op Loftus Versfeld en hoop om hul veldtog ná ‘n stadige begin weer op dreef […]
# Die regering waarsku Suid-Afrikaners om gereed te maak vir koue, nat en winderige weer met ‘n koue front wat van Sondag af in die Wes- en Noord-Kaap sal inbeweeg. Die adjunkregeringswoordvoerder William Baloyi sê die stelsel sal snerpende koue, rowwe see en sneeu oor bergagtige gebiede bring, voor dit ooswaarts na die Oos-Kaap en […]
# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê diegene verantwoordelik vir polities gemotiveerde moorde sal opgespoor en voor die reg gebring word voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. NATJOINTS se medevoorsitter, Tebello Mosikili, het aan die media gesê die taakspan vir politieke moorde ondersoek steeds aktief onlangse sake en is daartoe verbind om ‘n […]
# Die Verkiesingskommissie sê die gedragskode vir die verkiesing is nou van krag, wat die reëls bevestig vir politieke partye, kandidate en ondersteuners om vrye, regverdige en vreedsame verkiesings te bevorder. Die kommissie het ook verklaar daar is geen plek vir intimidasie of wetteloosheid voor die plaaslike owerheidsverkiesing op 4 November nie. Die voorsitter van […]
# Spanje het gedreig met vergeldingsmaatreëls teen Italië indien Rome nie tydelike grensbeheer teen Sondag ophef nie. Italië het kontroles op reisigers uit Spanje heringestel na die onlangse massa-migrantetoestroming na die Spaanse enklawe van Ceuta. Madrid sê die beheermaatreëls is ongeregverdig, diskriminerend en strydig met die beginsels van die Europese Unie, en voer aan die […]
# Die Stad Kaapstad sê inwoners moet steeds water bespaar al het damvlakke tot 78-persent gestyg. Die stad waarsku huidige voorrade moet deur die hoë-aanvraag somermaande en tot volgende jaar hou, aangesien reënval onvoorspelbaar bly. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê waterverbruik is tans laer as die stad se winterteiken, terwyl 570-miljoen-rand […]