Skip to content

Saftu sê regering moenie graderingsagentskappe se goedkeuring met ekonomiese sukses verwar nie [KLANK]

# Die vakverbond Saftu sê die regering moet ophou om graderingsagentskappe se goedkeuring met ekonomiese sukses te verwar. Fitch Ratings het Suid-Afrika se kredietgradering in Junie verhoog, en strenger fiskale dissipline en laer as verwagte skuld as redes aangevoer. Dit was die land se eerste opgradering in meer as twee dekades. Saftu-woordvoerder, Asive Dyani, sê graderingsagentskappe vier dalk laer inflasie en begrotingsoorskotte, maar dit beteken min vir mense wat nie werk kry nie of in ongelyke gemeenskappe leef:

ENG DyaniONRatingAgencies