# Rugby: Die Springbokafrigter Rassie Erasmus het klein veranderings aan sy beginspan gemaak vir die derde toets teen die All Blacks Saterdag op die FNB-stadion in Johannesburg. Die voorry Ox Nché, Malcolm Marx en Wilco Louw keer terug na die beginspan terwyl Gerhard Steenekamp, Deon Fourie en Thomas du Toit na die bank verskuif. Cheslin Kolbe skuif na heelagter in die plek van die beseerde Damian Willemse, met Kurt-Lee Arendse wat op vleuel uitdraf. Erasmus verwag Nieu-Seeland sal hard terugveg nadat Suid-Afrika die toetsreeks Saterdag in Kaapstad gelykop gemaak het.
Rugby: Rassie verander voorry vir derde toets teen die All Blacks