# Die DA in die Wes-Kaap vra ‘n dringende ondersoek na ‘n video wat wys hoe ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ‘n vrou in Tafelsig, Mitchells Plain verbaal en fisies aanrand. Benedicta van Minnen van die party sê die lid moet gedissiplineer word of strafregtelik vervolg word indien die bewerings bevestig word. Van Minnen het bygevoeg dat veiligheidsmagte inwoners moet beskerm en die gemeenskap teen bendegeweld en georganiseerde misdaad moet beskerm, en nie burgerlikes aanval nie:
DA veroordeel beweerde aanranding van vrou deur SANW-lid in Mitchells Plain [KLANK]
AFR BenedictaOnAllegedAssault