# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus verwag Saterdag op die FNB-stadion in Johannesburg ‘n nog meer intense wedstryd teen die All Blacks. Die reeks is tans gelykop, en hy dink albei lande is nou ten volle op die toetse gerig. Erasmus het besluit om sy voorry te verander met Ox Nché, Malcolm Marx en Wilco Louw wat in die beginspan gebruik word en Gerhard Steenekamp, Deon Fourie en Thomas du Toit wat na die bank skuif. Hy sê dit is omdat die weersomstandighede anders is as verlede week in Kaapstad.
Rugby: Rassie verwag Saterdag ’n nog meer intense wedstryd