# Die woordvoerder van die Madlanga-kommissie, Jeremy Michaels, sê die geskorste adjunk- Misdaadintelligensie-hoof, Feroz Khan, is gedagvaar om vandag voor die kommissie te verskyn, en die dagvaarding bly van krag. Dit kom te midde van berigte dat Khan weer in die hospitaal opgeneem is nadat hy in Junie in Johannesburg geskiet en gewond is. Michaels het aan die media gesê die kommissie is nie amptelik deur Khan se regsverteenwoordigers oor sy gesondheidstatus ingelig nie:
Feroz Khan se dagvaarding bly van krag [KLANK]
ENG MichaelsOnKhanSubpoena