Skip to content

Adjunkminister Dube-Ncube vra instellings om proaktief te wees wat vaardigheidstekorte betref

# Die adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nomusa Dube-Ncube, sê instellings moet meer proaktief reageer op vaardigheidstekorte en veranderende ekonomiese behoeftes, eerder as om op riglyne van die regering te wag. Die departement se 2026/2027 Jaarlikse Prestasieplan is gegrond op ʼn hervormingsmandaat voortspruitend uit president Cyril Ramaphosa se verklaring van ʼn Nasionale Vaardigheidsrewolusie in vanjaar se staatsrede. Dube-Ncube sê die aanleer van ʼn tegniese vaardigheid is nie genoeg as gegradueerdes nie toegang het tot markte, finansies en nywerheidsintegrasie nie.