# Tennis: Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, het die verdediging van sy titel met ʼn oorwinning begin toe hy die Rus, Roman Safiullin, verslaan het. Die Spanjaard het weens beserings in April laas in enkelspel-wedstryde meegeding. Die Switser, Stan Wawrinka, het die laaste Amerikaanse Ope-wedstryd van sy loopbaan gespeel nadat hy in die openingsrondte teen die Italianer, Matteo Berrettini, verloor het. In die vroueafdeling het die verdedigende kampioen van Belarus, Aryna Sabalenka, met die Colombiaan, Camila Osorio, afgereken. Verlede jaar se naaswenner, die Amerikaner Amanda Anisimova, het haar landgenoot Ashlyn Krueger geklop.
Tennis: Amerikaanse Ope se verdedigende kampioene Alcaraz en Sabalenka begin op wen-noot