# Owerhede in Nepal het begin om honderde ongeïdentifiseerde slagoffers te begrawe ná verlede week se rampspoedige kits-oorstromings. Die sterftesyfer na die ramp op die Nepal-Tibet-grens staan tans op 955, met meer as vier-duisend mense wat nog vermis word. Nepal se skilderagtige Chitwan-distrik dien as tydelike begraafplaas vir liggame wat te erg ontbind is om uitgeken te word. Owerhede sê kommer bestaan oor die gevaar wat die liggame se vinnige ontbinding vir openbare gesondheid inhou. ʼn Gedetailleerde begrafnis-rekordstelsel is ingestel om die opsporing van DNS in die toekoms te vergemaklik.
Nepal begin massabegrafnisse vir ongeïdentifiseerde vloedslagoffers