Skip to content

Iran se president sê Teheran sal reageer as Amerika sy beloftes nakom

# Iran se president, Masoud Pezeshkian, sê sy land sal onmiddellik sy deel doen as Amerika sy beloftes nakom ingevolge die tussentydse ooreenkoms wat in Junie onderteken is. Hy het gepraat tydens die beraad van die Sjanghaise Samewerkingsorganisasie in Bisjkek nadat albei lande die eerste regstreekse aanvalle op mekaar uitgevoer het sedert laat in Julie. Amerika het Larak-eiland aangeval, waarna Iran aanvalle uitgevoer het op twee Amerikaanse Lugmagbasisse in Jordanië. Pezeshkian het vroeër gesê Teheran is steeds bereid om te onderhandel oor ‘n oplossing vir die konflik met Washington.