# Activists and Citizens Forum vra die regering en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur om ‘n standbeeld van Winnie Mandela by die Uniegebou in Pretoria op te rig. Woordvoerder Dennis Bloem sê die land moet nooit haar bydrae en opofferings vergeet nie. Hy sê toe leiers se stemme deur gevangenskap, verbanning of ballingskap […]
# Die verloofde van ‘n swanger Suid-Afrikaanse vrou, Nqobile Malangeni, bepleit haar vrylating nadat Amerikaanse immigrasie-owerhede haar op 30 Julie in Las Vegas aangekeer het. Die Amerikaanse Agentskap vir Immigrasie- en Doeane-afdwinging sê sy het haar visumvoorwaardes oortree deur langer aan te bly as wat toegelaat is en is onderhewig aan ‘n finale uitsettingsbevel. Haar […]
# Krieket: Die mede-gashere van volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi in Suider-Afrika gaan later die maand in ‘n driehoekige T20-reeks speel. Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe sal mekaar van die 28ste twee keer elk in die Namibiese hoofstad, Windhoek, pak en die top-twee spanne speel op 6 September in die eindstryd. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan […]
# Rugby: Die ster-skrumskakel Cam Roigard is weens ‘n ligte besering onttrek aan die All Blacks se span vir vanaand se wedstryd teen die Haaie in Durban. Hy is op die bank gekies vir die ontmoeting op Kingspark, maar hoofafrigter Dave Rennie het besluit om nie kanse te vat met sy sleutelspeler voor die toetsreeks […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het teruggekap na Iran oor sy eis vir vergoeding en gesê Teheran moet eerder vergoeding betaal vir sterftes en skade. Iran het ‘n reeks nuwe eise uitgereik wat Washington moet nakom voor hy skepe toelaat om vrylik deur die strategies-belangrike Seestraat van Hormoes te beweeg. Trump sê hy het […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank moedig aspirant-ekonome, wat hul voorgraadse studies in die 2027 akademiese jaar begin, aan om vir sy eksterne beursprogramme aansoek te doen. Verskeie eksterne studiebeurse word jaarliks beskikbaar gestel vir voorgraadse studente wat kwalifiseer as deel van die sentrale bank se pogings om ernstige vaardigheidstekorte in die land aan te spreek. Die […]
# Rusland se hoogste hof het die liberale Yabloko-party verbied om aan volgende maand se parlementsverkiesing deel te neem. Dis die enigste geregistreerde party wat gekant is teen Moskou se oorlog in Oekraïne. Die saak is aanhangig gemaak deur die klein pro-Kremlin nasionalistiese party, Rodina, wat beweer Yabloko het onverklaarde veldtog-ondersteuning van onder meer Westerse […]