# Die ekonoom Gina Schoeman sê verswakkende munisipale dienste ondermyn Suid-Afrika se pogings om sakevertroue te verbeter. Schoeman het aan afgevaardigdes by die Geldberaad gesê hervormings in elektrisiteit en logistiek, ondersteun deur bestendige fiskale en monetêre beleid, word deur swak munisipale infrastruktuur geneutraliseer. Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie, Duncan Pieterse, het intussen erken munisipaliteite het te kampe met uitdagings om in infrastruktuur te belê. Hy het gesê die tesourie werk saam met metro’s om aanspreeklikheid te verbeter en om te verseker inkomste uit dienste word herbelê. Schoeman sê betroubare basiese dienste is noodsaaklik vir belegging en ekonomiese groei.
Ekonoom waarsku munisipale mislukkings ondermyn sakevertroue