# Die Kaapse Forum sê Wes-Kaapse gemeenskappe moet meer wetstoepassingsmagte hê om toenemende geweldsmisdaad aan te pak. Die burgerregte-organisasie betoog vandag voor die Parlement in Kaapstad en eis dat wetstoepassingsmagte na die Wes-Kaap oorgedra word. Uitvoerende voorsitter Heindrich Wyngaard sê inwoners moet deur ‘n provinsiale referendum ook ‘n sê hê. Hy sê die betoging val […]
# Die National Coloured Congress se parlementslid, Fadiel Adams, hou vol probleme met sy skootrekenaar is die rede vir die laat indiening van sy verklaring aan die Madlanga-kommissie. Hy sê dit vries gereeld, wat hom dan dwing om inligting van kollegas te ontvang en oproepe te maak. Adams sukkel ook om te verduidelik wanneer hy […]
# Die ikoniese Cathedral Basilica of Our Lady of Rosary in Manizales, Colombië, het gedeeltelik ingetuimel tydens gister se dodelike aardbewing van 7.4. Die kragtige skudding, met die middelpunt in die Chocó-distrik, het ‘n spits van die byna eeu-oue neo-Gotiese katedraal laat omval. ‘n Groot sy-toring het ook gekraak en teen die sentrale hoofstruktuur oorgehel. […]
# Alle bergpasse in die Oos-Kaap wat gister weens swaar sneeuval gesluit was, is vanoggend heropen. Woordvoerder Unathi Binqose sê paaie bly nat en glad, en het motoriste aangespoor om versigtig te wees. Daar is digte mis en motreën op die Penhoekpas op die N6 tussen Komani en James Calata, wat sigbaarheid verminder. Binqose sê […]
# Veertien onwettige mynwerkers is dood aangetref in ‘n verlate skag naby die Nkaneng-informele nedersetting in Marikana, Noordwes. Hul liggame is vanoggend ontdek, terwyl verskeie ander mynwerkers beseer is. Polisiewoordvoerder Athlene Mathe sê die omstandighede rondom die sterftes is tans onduidelik. Die provinsiale polisiekommissaris, Patrick Asaneng, sê ondersoeke duur voort met noodspanne wat die situasie […]
# Die Madlanga-kommissie het die getuienis van die leier van die National Coloured Congress en parlementslid, Fadiel Adams, tot volgende Woensdag uitgestel. Getuienisleier Michael Chaskalson sê Adams se verklaring is eers gisteraand ontvang, ondanks herhaalde versoeke sedert Oktober verlede jaar. Hy beklemtoon die kommissie benodig voldoende tyd om die verklaring te bestudeer en die ondervraging […]