# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, afgetrede regter Mbuyiseli Madlanga, het beslis die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, se mediese toestand moet bekend gemaak word. Die kommissie het teruggedateerde mediese verslae ondersoek wat ingedien is om Khan se afwesigheid vandag by die kommissie te verduidelik. Madlanga sê ‘n uitspraak soortgelyk aan dié rakende die sakeman van Noordwes, Sulliman Carrim, sal van toepassing wees. Madlanga sê ook daar is tans onvoldoende bewyse om ‘n onafhanklike mediese ondersoek te gelas:
Madlanga beslis Khan se mediese toestand moet bekend gemaak word [KLANK]
ENG-MadlangaOnKhan