# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Wes-Kaap het vandag hulde gebring aan kaptein Zamani Mzayiya wat aan diens dood is. Die 50-jarige is verlede week tydens ‘n skietery met ‘n verdagte in Knysna doodgeskiet. Hy was deel van ‘n span wat ontplooi is ná ‘n vlaag noodlottige skietvoorvalle in die gebied. Polisiebestuur, kollegas en familie het vanoggend ‘n kranslegging by die provinsiale SAPD-kantore in Groenpunt in Kaapstad gehou.
Kranslegging vir SAPD-beampte in Knysna-skietery