# Die vakverbond Cosatu sê hy is bemoedig deur die daling in sommige ernstige misdade soos aangedui in die jongste kwartaallikse misdaadstatistiek vir die tydperk tussen April en Junie 2026. Volgens Statistiek Suid-Afrika was daar ʼn daling van 5,9-persent in moorde, 17,6-persent minder huisbrake, en ʼn 21-persent-daling in vragmotorkapings. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê ten spyte van die afname, moet misdaad en korrupsie drasties verminder word om beleggings te lok wat nodig is vir ekonomiese groei en werkskepping:
COSATU sê misdaad en korrupsie verdryf beleggers [KLANK]
ENG ParksONCrime