# Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel, Curwin Bosch, gaan in die diepkant ingegooi word wanneer hy die naweek sy buiging vir die Bulle teen die All Blacks maak. Hy het die Haaie in 2023 verlaat en die volgende jaar vir Brive in Frankryk uitgedraf voor hy onlangs by die Pretoriase span aangesluit het. Die 29-jarige, wat […]
# Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, glo die jeugdige span wat hy later die maand na Windhoek stuur, sal opgewasse wees teen hullle bure. Hulle gaan ‘n driehoekige T20-reeks teen Namibië en Zimbabwe speel, gevolg deur ‘n eendagreeks teen Namibië. Dit sluit geeneen van die gereelde Proteas in nie. Die veelsydige spelers Duan […]
# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter, JP Pietersen, sê hy is trots op sy spelers se poging, al het ‘n indrukwekkende All Black-span hulle gisteraand in Durban 54-0 afgeransel. Die gashere, met ʼn paar jong spelers in die groep, het die wedstryd met ʼn aanvallende houding benader, al is dit nog vroeg in hulle voorseisoense […]
# Rugby: Die All Black-legende, Ma’a Nonu, se alleen-man-antwoord op sy gewese spanmaats se haka maak steeds opslae in die rugbywêreld. Die 44-jarige veteraan van 103 toetse het in Durban vir die Haaie teen Nieu-Seeland gespeel. Almal op Kingspark, insluitend die spelers, het in verwondering gestaan toe Nonu die grootste teken van Maori-respek aan die […]
# Die Stad Kaapstad se openbare nood-kommunikasiesentrum het die langnaweek drie-duisend-384 oproepe om bystand hanteer. Die sentrum het 174 gevalle van fisiese aanranding hanteer, 93 van huishoudelike geweld en 148 padongelukke waar voetgangers by 33 betrokke was. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê wat wetstoepassing betref, is 373 verdagtes tydens patrollies gearresteer:
# Die mynwerkersvakbond N-U-M se nasionale uitvoerende komitee gaan Eskom se herstrukturering in die hof uitdaag en sê hy sal tot by die Konstitusionele Hof gaan. President Cyril Ramaphosa het verlede maand ʼn plan ondersteun vir die vestiging van ʼn onafhanklike transmissiestelsel-operateur. Dit sal Eskom se eeu-oue alleenheerskappy beëindig en privaat vervaardigers en handelaars toelaat […]
# Die EFF sê Statistiek Suid-Afrika se jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname is ‘n veroordeling van die regering se huidige ekonomiese beleidsrigting en ‘n aanduiding van ‘n duidelike behoefte aan nuwe leierskap. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die tweede kwartaal van die jaar tot 33,6-persent gestyg, ‘n toename van 0,9 persentasiepunte teenoor die 32,7-persent in die […]