# Build One South Africa sê die regering bestee miljarde aan kolleges vir Tegniese en Beroeps-onderwys en -opleiding sonder om te weet hoeveel studente gradueer. BOSA se leier, Mmusi Maimane, sê die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het erken die departement beskik nie oor voldoende betroubare nasionale data oor programvoltooiing en uitvalkoerse nie. Hy […]
# Die landbou-organisasie TLU SA het ‘n nasionale veldtog geloods teen voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer. Woordvoerder Caria van der Merwe sê die veranderings kan verreikende gevolge hê vir boere, landelike gemeenskappe en wettige vuurwapeneienaars. Die veldtog het ten doel om te verseker die landbougemeenskap se bekommernisse word gehoor. Van der Merwe sê […]
# Krieket: Afganistan sal die gasheerland wees in volgende maand se drie T20-wedstryde teen Indië in Delhi, Indië. Afganistan het sedert 2021 meestal hul tuiswedstryde in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel weens veiligheidsbekommernisse in hulle vaderland. Die voorsitter van Afganistan se Krieketraad, Mirwais Ashraf, sê hulle glo Indië bied ‘n uitstekende omgewing vir die reeks, […]
# Die Benchmarks-stigting sê voorgestelde veranderings aan Suid-Afrika se mynbouwette sal moontlik nie die steutelfigure in onwettige mynbousindikate teiken nie. Die Wysigingswetsontwerp op Algemene Mynbouwette stel voor onwettige mynbedrywighede en verwante bedrywighede moet tot misdade verklaar word, met boetes van tot 100-miljoen-rand en tronkstraf van tot 30-jaar. ‘n Navorser, David van Wyk, sê die owerhede […]
# Suid-Korea het ‘n omvattende tegnologiestrategie onthul wat op sewe sleutelprojekte fokus en wissel van kernenergie en kwantumrekenaars tot ruimtevaart en biotegnologie. Die land wil nuwe dryfkragte vir ekonomiese groei ontwikkel wat verder strek as halfgeleiers en kunsmatige intelligensie. President Lee Jae-myung het tydens die bekendstelling gesê die strategie verenig doelwitte. Dit sluit in die […]
# Rugby: Die All Black-veteraan Ma’a Nonu het toestemming van sy ou span gekry voor hy gisteraand sy antwoord op die tradisionele haka op Kingspark in Durban uitgevoer het. Hy het vir die Haaie teen die toerspan gespeel nadat hy onlangs as mentor by hulle aangesluit het. Die All Blacks se afrigter, Dave Rennie, sê […]
# Die vakbondfederasie SAFTU sê duisende verlate, vervalle en onbeveiligde myne het doodstrikke, omgewingsgevare en ‘n teelaarde vir georganiseerde misdaadsindikate geword. Veertien onwettige mynwerkers is gister dood in ‘n rotstorting in ‘n myn in Nkaneng naby Rustenburg in Noordwes. Die meeste van hulle was van Lesotho. Asive Dyani van SAFTU sê die tragedie toon opnuut […]