Skip to content

EU ontbied Russiese ambassade-amptenare oor hommeltuigaanval in Leipzig

# Die Europese Unie en verskeie lidlande het Russiese ambassade-amptenare ontbied oor verlede maand se hommeltuigaanval-poging op die Leipzig/Halle-lughawe in Duitsland. Duitsland het tot die gevolgtrekking gekom Rusland was aanspreeklik en het ‘n reeks maatreëls aangekondig, onder meer die sluiting van ‘n konsulaat en ‘n Russiese kultuursentrum in Berlyn. Rusland sê hy het nog geen bewyse gesien om Berlyn se beskuldigings te staaf nie en sal daarop reageer. Nederland, België en Frankryk is van die EU-lidlande wat ook hul onderskeie Russiese ambassadeurs ontbied het.