Nuus 16:00
BULLETIN 2 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA-leier beloof strenger toepassing teen storting as hy herkies word as Kaapstadse burgemeester
# Die EU ontbied Russiese ambassade-amptenare oor ‘n hommeltuigaanval in Leipzig
# En rugby: Rassie beplan om altesaam 36 spelers te gebruik in die reeks teen die All Blacks
# Die DA-leier en burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het strenger optrede teen onwettige storting en rommelstrooiery beloof as die party weer ‘n meerderheid kry in 4 November se plaaslike regeringsverkiesing. Hy het die DA se derde veldtog-belofte by Prinsesvlei bekend gestel en groter skoonmaakdienste beloof, veral in informele nedersettings, en steeds parke, strande en ander openbare ruimtes op te gradeer. Hill-Lewis beplan om veilige ruimtes en steun vir haweloses uit te brei:
# Die Madlanga-kommissie se kommissaris, Sesi Baloyi, het die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, ondervra oor die Nasionale Projekkomitee en hoe inligting rondom ondersoeke gedeel word. Lebeya sê die betrokke afdelings hou geregistreerde projekte dop en inligting word gedeel volgens die aard van elke ondersoek. Hy sê die komitee volg die vordering van projekte, en kan opdragte gee of kwessies identifiseer wat aandag van deelnemende instellings vereis:
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, besoek tans Eskom se navorsing-, toetsing- en ontwikkelingsentrum in Rosherville, Johannesburg, om groen waterstof-tegnologie en skoon energie-navorsing bekend te stel. Dit word gedoen met die oog op die Afrika-groen waterstofberaad later die maand in Kaapstad. Die regering sê die besoek fokus op tegnologie wat ontkoling, ekonomiese groei en toekomstige energiestelsel-vloeibaarheid steun. Die beraad gaan fokus op die verskuiwing van Afrika se groen waterstofsektor van ontwikkelingsplanne na instelling, belegging en industrialisering.
# Die Europese Unie en verskeie lidlande het Russiese ambassade-amptenare ontbied oor verlede maand se hommeltuigaanvals-poging op die Leipzig/Halle-lughawe in Duitsland. Duitsland het tot die gevolgtrekking gekom Rusland was aanspreeklik en het ‘n reeks maatreëls aangekondig, onder meer die sluiting van ‘n konsulaat en ‘n Russiese kultuursentrum in Berlyn. Rusland sê hy het nog geen bewyse gesien om Berlyn se beskuldigings te staaf nie en sal daarop reageer. Nederland, België en Frankryk is van die EU-lidlande wat ook hul onderskeie Russiese ambassadeurs ontbied het.
# Rugby: Die Springbokke se afrigter, Rassie Erasmus, verwag om altesaam 36 spelers te gebruik wanneer die Greatest Rivalry-toer teen die All Blacks volgende naweek in Baltimore, Amerika, eindig. Hy het reeds 30 spelers ingespan in die eerste twee wedstryde en net een verandering aan die groep gemaak vir Saterdag se derde kragmeting op die FNB-stadion in Johannesburg. Erasmus beplan om ses ongebruikte spelers na Baltimore te neem, insluitend die veteraan-losskakel Handré Pollard, wat weens ‘n besering aan die tweede toets moes onttrek.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-8-sent teen die dollar, 18-rand-62-sent teen die euro en 21-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-956-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-340-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 96-dollar-45-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….