# Die DA sê Gauteng kan nog ‘n leerderplasingskrisis beleef as skoolaansoeke nie vroeër oopgemaak word nie. Volgens die party moet die Gautengse Departement van Onderwys aansoeke vir die 2027-skooljaar teen April oopmaak en dit tot September oophou. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê dit sal die Departement genoeg tyd gee om aansoeke […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het boere, veeartse en bedryfsgroepe bedank vir hul samewerking in die stryd teen bek-en-klouseer. Meyer doen ‘n beroep op beeseienaars om seker te maak dat hulle diere ingeënt is en dat streng biosekuriteitsmaatreëls gevolg word. Hy sê sterk samewerking tussen die regering en […]
# Rugby: Die veteraan All Black-senter Anton Lienert-Brown glo hul tempo kan die Springbokke Saterdag laat les opsê teen die einde van die eerste en die tweede helfte van die derde toets op die FNB-stadion in Johannesburg. Hy sê hulle is ongelooflik fiks, soos bewys is toe hulle Suid-Afrika geklop het in die tweede helftes […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê Suid-Afrika benodig sterker en voorkomende beskerming vir verklikkers. Die organisasie sê hy het nie die Wet op Beskermde Bekendmakings in sy huidige vorm ondersteun nie. Hy wil ook hê die polisie moet diegene ondersoek wat na bewering opdrag gegee het vir die moorde op verklikkers en die moorde gefinansier […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê onderrig en leer sal voortgaan ten spyte van die opskorting van die nasionale katalogus vir die grondslagfase van 2026. Die LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê skole sal steeds goedgekeurde leesmateriaal vir volgende jaar kan gebruik. Londt sê die Departement het ook ekstra leesbronne deur middel van sy terug-op-die-spoor-program verskaf:
# Die afgetrede hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het aan die Madlanga-kommissie gesê hy ken nie die taxibaas Jotham “Koning Mswazi” Msibi nie. Lebeya is deur getuienisleier, advokaat Lee Segeels-Ncube, gevra of hy van Msibi of sy aktiwiteite in die taxibedryf weet, veral in Mpumalanga, waar Lebeya voorheen gestasioneer was. Lebeya het gesê hy […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid ondersoek bewerings van afpersing by die Germiston Forensiese Patologiediens. Die ondersoek volg op ‘n plasing op sosiale media wat beweer sommige amptenare eis geld om nadoodse ondersoeke te bespoedig. Die Departement beklemtoon alle forensiese patologiedienste, insluitend DNS-analise, nadoodse ondersoeke en liggaamsbewaring, is gratis. Die woordvoerder van die Departement, Steve […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing bied die 2026 Biodiversiteitsnavorsings- en Bewyse-Indaba in Boksburg, Gauteng, aan. Die driedaagse byeenkoms bring wetenskaplikes, beleidmakers, bewaringsgesindes, die burgerlike samelewing en mense met inheemse kennis bymekaar om bewysgebaseerde omgewingsbesluitneming te versterk. Besprekings fokus op biodiversiteitsnavorsingsgapings, ekosisteemherstel, spesiebewaring, klimaatsveerkragtigheid, biologiese indringings en die biodiversiteitsekonomie. Die uitkomste sal […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Wes-Kaap het vandag hulde gebring aan kaptein Zamani Mzayiya wat aan diens dood is. Die 50-jarige is verlede week tydens ‘n skietery met ‘n verdagte in Knysna doodgeskiet. Hy was deel van ‘n span wat ontplooi is ná ‘n vlaag noodlottige skietvoorvalle in die gebied. Polisiebestuur, kollegas en familie […]