# Sokker: Die Portugese superster Cristiano Ronaldo is met sy jarelange lewensmaat, Georgina Rodríguez, getroud in ‘n burgerlike seremonie met hulle kinders teenwoordig. Ronaldo het altesaam vyf kinders, twee saam met Rodríguez, en sy het ook gehelp om sy ander drie kinders groot te maak. Hulle is al tien jaar saam en het verlede jaar […]
# ‘n Drie-en-twintigjarige man wat aangekla word van die moord op vier mense in Reigerpark aan die Gautengse Oos-rand word aangehou na sy verskyning in die Boksburgse Landdroshof. Regan Collis staan tereg op vier aanklagte van moord, vyf van poging tot moord, twee van roof en twee van vuurwapen-verwante oortredings. Die slagoffers is twee lede […]
# Activists and Citizens Forum vra die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, moet onmiddellik die aanklagte terugtrek teen die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola. Woordvoerder Dennis Bloem sê Mothibi het voor die Madlanga-kommissie getuig die aanklagte sal hersien word. Hy bevraagteken die vertraging en sê Masemola behoort nie langer gebuk te gaan onder […]
# Die adjunkdirekteur van Ondersoeke in die KwaZulu-Natalse Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Len John, sê misdaadsindikate verhoog die gevaar dat wetstoepassing en strafregsprosesse deur korrupsie ondermyn kan word. Hy het die betrokkenheid van taakspanne en mededingende misdaadgroepe voor die Madlanga-kommissie beweer. John sê daar is ‘n prima facie-saak teen die offisier Deena Govender wat taakspanne ontplooi het […]
# Landboukundiges sê voedselstelsels is beter toegerus om die gevolge van ‘n moontlik ernstige El Niño-weerverskynsel te hanteer danksy voedselvoorrade wat naby rekordvlakke is, verbeterde landboutegnologie en sterker uitvoerders. Hul sê vooruitgang in droogtebestande gewasse, besproeiing, moderne boerderytegnieke en weersvoorspelling versterk die sektor se vermoë om uitdagende toestande die hoof te bied. Kenners waarsku egter […]
# Die saak teen drie Kaapstadse polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle die haarkapper Juma Igiraneza gemartel het, is in die Wynbergse Streekhof tot 21 September uitgestel. Luitenant-kolonel Delmore Manuel en konstabels Jermaine Conradie en Leigh-Ann Maroon het Igiraneza na bewering op 7 November 2023 aangerand tydens ‘n klopjag op sy werkplek in Mowbray. […]
# Die VF Plus sê beweerde brandstigting op die Bloedrivier-erfenisterrein in KwaZulu-Natal beklemtoon die belangrikheid van wedersydse erkenning tussen gemeenskappe. Die Erfenisstigting sê olie is naby die terreinbestuurder se huis aan die brand gesteek. ‘n Kampeerder wat gehelp het om die brand te bestry is beseer en elektriese infrastruktuur sowel as ‘n deel van die […]