# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê Suid-Afrika benodig sterker en voorkomende beskerming vir verklikkers. Die organisasie sê hy het nie die Wet op Beskermde Bekendmakings in sy huidige vorm ondersteun nie. Hy wil ook hê die polisie moet diegene ondersoek wat na bewering opdrag gegee het vir die moorde op verklikkers en die moorde gefinansier het, nie net die mense wat dit uitgevoer het nie. Deur die ‘Hulle het name’-veldtog, beklemtoon OUTA die impak van vermoorde verklikkers op hul families en doen ‘n beroep op ‘n onafhanklike owerheid om dringende beskerming en ondersteuning te bied.
OUTA doen ’n beroep op wetstoepassingsowerhede om die opdraggewers agter die moorde op verklikkers aan die kaak te stel