# Die kampvegtergroep vir eko-geregtigheid, Green Connection, sê die land se huidige tariefstruktuur kan armoede en ongelykheid vererger, en kwesbare gemeenskappe benadeel. Sedert 2015 het Eskom 12 agtereenvolgende jaarlikse tariefverhogings ingestel wat deur die Nasionale Energiereguleerder goedgekeur is. Green Connection se woordvoerder, Lisa Makaula, sê Eskom se poging om inkomste-tekorte aan te vul moenie gemeenskappe […]
# City Power in Johannesburg sê die huidige kragonderbrekings is nie ʼn aanduiding dat die netwerk nie die weer kan hanteer nie. Reën, ligte sneeu en sterk wind teister dele van Gauteng en die kragvoorsiener hanteer ses-duisend agterstallige oproepe oor kragonderbrekings. Woordvoerder Isaac Mangena sê die voorvalle word deur ʼn aantal faktore veroorsaak, insluitend groter […]
# Die vakverbond Cosatu sê die Gas-wetsontwerp bied ʼn beweegrede en welkome wetgewende raamwerk om ʼn noodsaaklike energiebedryf te ontsluit wat baie werksgeleenthede sal bied. Sodra die wetsontwerp bekragtig word, vervang dit die Gas-wet wat die bedryf sedert 2001 reguleer, met ʼn nuwe raamwerk wat gebiede soos vloeibare aardgas, gas-infrastruktuur, beleggings, lisensiëring en toepassing dek. […]
# Die waarnemende nasionale polisie-kommissaris, Puleng Dimpane, het bykomende spesialis-bystand ontplooi vir die reddings-, herstel- en ondersoekoperasies in ‘n ongebruikte myn in Nkaneng in Rustenburg, Noordwes. Veertien liggame van vermeende onwettige mynwerkers is Dinsdag uitgehaal nadat die wande van die skag ingetuimel het. Agt oorlewendes is gered. Woordvoerder Nonkululeko Phokane sê die operasie word ondersteun […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die departement se digitaliseringsprojek vir ondersoek na die Spesiale Ondersoekeenheid en Valke verwys. Dit volg na gister se onaangekondigde inspeksie by die Hooggeregshof in Pretoria, ná klagtes oor ʼn gebrek aan dienste by die kantoor. Die departement se woordvoerder, Palesa Rammitlwa, sê die minister is […]
# ActionSA sê hy gaan ʼn klag by die Openbare Beskermer indien oor wat hy noem die Stad Johannesburg se onregmatige vertraging om die Johannesburg Internasionale Vervoer-wisselkruising aan die betrokke begunstigdes te oorhandig. Die vervoerfasiliteit van 400-miljoen-rand wat bedoel is as ʼn sentrale punt vir langafstand- en oorgrensbusse, minibus-taxi’s, kleinhandelbedrywighede en geriewe vir pendelaars, staan […]
# Eskom het in talle provinsies bykomende tegniese hulpbronne ingespan ná kragonderbrekings wat deur gure weerstoestande veroorsaak is. Swaar reën, sneeu, sterk wind en uiterste koue het in sommige dele van die land voorgekom. KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Limpopo en die Vrystaat het deurgeloop onder weer-verwante probleme en skade aan elektrisiteit-infrastruktuur. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, […]