# Die Instituut vir Internasionale Finansies sê Afrika het te kampe met ‘n moontlik ernstige El Niño te midde van ‘n swakker ekonomiese posisie as ‘n dekade terug. Hoër oliepryse, ‘n sterker Amerikaanse dollar en strenger befondsingsvoorwaardes plaas verdere druk op ekonomieë. Weervoorspellers waarsku die klimaatsverskynsel kan lei tot droogtetoestande in Suider-Afrika en oorstromings in […]
# Die vakbond Solidariteit het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die Amerikaanse onderneming Amazon oor bewerings dat ondernemings in Suid-Afrika op grond van die eienaars se ras uitgesluit word van ‘n sakeontwikkelingsprogram. Amazon Web Services se beleggingsprogram vir ekonomiese bemagtiging, wat gelyke deelname en insluiting bevorder, aanvaar volgens berigte slegs ondernemings in swart besit. […]
# Tennis: Die Chinese gelukkige verloorder Bu Yunchaokete het die opkomende ster Rafael Jodar uitgeskakel in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope. Die nommer-124 op die wêreldranglys het die 12de-gekeurde Spanjaard in skoon stelle geklop in een van die grootste verrassings van die Grand Slam-toernooi tot dusver. Bu het in die kwalifiserende ronde verloor, […]
# Rugby: Engeland se kaptein, Maro Itoje, glo sy verlengde afwesigheid van rugby het hom geestelik en liggaamlik bevoordeel. Die 31-jarige voorspeler het die Nasieskampioenskap-toetse teen Suid-Afrika, Fidji en Argentinië in Julie misgeloop. Itoje, wat in die twee vorige seisoene Wêreldrugby se riglyn van 30 wedstryde per seisoen oorskry het, meen die rustyd kan help […]
# Die Johannesburgse Metropolisiedepartement het ‘n grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat ‘n geregsdienaar aan diens se dienswapen geroof is in Lenasia. Polisiewoordvoerder Xolani Fihla sê die amptenaar was vroeër vandag besig met amptelike pligte toe verskeie mense hom aangeval het. Hy sê die aanvallers het hom ontwapen en in die rigting van die Goue […]
# ‘n Ipsos markpeiling studie toon byna een uit elke sewe Suid-Afrikaners sê hulle moes al van die werk, skool of universiteit wegbly omdat die vervoer te duur is. Die navorsing toon mense in die ouderdomsgroep van 25 tot 34 word die meeste geraak, met 23-persent wat aandui hulle het al om hierdie rede weggebly. […]
# Die bekroonde Amerikaanse akteur George Clooney het Donald Trump se administrasie beskryf as ‘n regering wat deur die mins bevoegde mense bestuur word. Hy het op die openingsdag van die Venesiese Rolprentfees gepraat, waar hy met ‘n Goue Leeu bekroon sal word vir sy loopbaanprestasie. Clooney sê hy bly optimisties en glo Amerika sal […]
# Die Foschini-groep het planne aangekondig om teen 2029 sowat 280 winkels reg oor Suid-Afrika, Brittanje en Australië te sluit na ‘n ernstige daling in wêreldwye kleinhandelbesteding. Die modereus, wat swaar getref is deur internasionale handelsmerk-verswakkings, waarsku dat sy verdienste per aandeel vir die volle jaar met tot 65-persent kan daal. Uitvoerende hoof Anthony Thunström […]