# Rugby: Die Mededingings-kommissie het ‘n ondersoek teen die Suid-Afrikaanse Rugby-unie begin na klagtes oor die verkoop van kaartjies vir losies. SARU en sommige van sy geaffilieerde agentskappe word beskuldig van onregverdige sakegebruike deur gasvryheids-losiepakkette net beskikbaar te stel vir aangestelde handelsregte-agentskappe soos Megapro en Sail. The Citizen berig die klaers eis volle deursigtigheid van SARU en hoop die ondersoek sal verseker toegang tot wedstryde is beskikbaar, regverdig en vry van monopolistiese afknouery.
Rugby: Mededingingskommissie ondersoek SARU vir beweerde onregverdige sakegebruike oor losies