Nuus 16:00
BULLETIN 3 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party eis ‘n onafhanklike voorsitter vir die Ampsklagkomitee
# Gauteng teken ‘n 96-persent afname in bek-en-klouseer-gevalle aan
# En rugby: Die Mededingingskommissie ondersoek SARU vir beweerde onregverdige sakegebruike oor losies
# Die MK-party vra dat die voorsitter van die parlementêre ampsklagkomitee onafhanklik moet wees en nie ‘n lid van die regering van nasionale eenheid nie. Die party het die komitee gekritiseer nadat hy sy eie besluit omgekeer het om advokaat Thandazani Madonsela as getuienisleier aan te stel ná ʼn klagte deur president Cyril Ramaphosa. Die MK-party sê ʼn onafhanklike voorsitter sou nie ʼn benoeming heropen het nadat die persoon wat ondersoek word, gekla het nie. Hy sê die komitee moet bo verdenking wees.
# Gauteng het ‘n afname van 96,34-persent in nuwe uitbrekings van bek-en-klouseer aangeteken, met 166 gevalle in Oktober verlede jaar wat verlede maand tot slegs ses gedaal het. Meer as 542-duisend diere is ingeënt, terwyl 94-persent buite voerkrale hul aanvanklike inentings ontvang het. Die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se woordvoerder, Danisile Sathekge, sê 176 van die 308 besmette kuddes is reeds van kwarantyn vrygestel danksy inentings, toesig en bewegingsbeheer:
# Die regering sê die regering, wetstoepassing en elke gemeenskap moet saamwerk aan ʼn veiliger Suid-Afrika. Statistiek Suid-Afrika se 2025/26-opname vir bestuur, openbare veiligheid en justisie toon baie burgers voel redelik veilig. Die regering se adjunkwoordvoerder, William Baloyi, is bekommerd dat minder as twee uit vyf mense veilig voel om snags alleen te stap. Hy sê dis ewe kommerwekkend dat slegs sowat 48-persent huishoudings wat huisbrake ondervind het, dit aanmeld:
Nuus uit die buiteland:
# Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, veroordeel ‘n beweerde Russiese hommeltuig-sabotasiekomplot op die Leipzig/Halle-lughawe in Duitsland en beskryf dit as ‘n kommerwekkende uitbreiding na die Europese Unie. Von der Leyen en NAVO se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Rusland se intimidasie sal nie slaag nie. Sy waarsku die EU sal nie aanvalle op kritieke infrastruktuur duld nie en is vasbeslote om sanksies teen Moskou te verskerp. Rusland ontken enige betrokkenheid, maar Von der Leyen sê Europese lande moet nouer saamwerk om burgerlike infrastruktuur te beskerm.
# Rugby: Die Mededingings-kommissie het ‘n ondersoek teen die Suid-Afrikaanse Rugby-unie begin na klagtes oor die verkoop van kaartjies vir losies. SARU en sommige van sy geaffilieerde agentskappe word beskuldig van onregverdige sakegebruike deur gasvryheids-losiepakkette net beskikbaar te stel vir aangestelde handelsregte-agentskappe soos Megapro en Sail. The Citizen berig die klaers eis volle deursigtigheid van SARU en hoop die ondersoek sal verseker toegang tot wedstryde is beskikbaar, regverdig en vry van monopolistiese afknouery.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-1-sent teen die dollar, 18-rand-60-sent teen die euro en 21-rand-61-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-202-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-466-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 98-dollar-52-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….