# Die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief het boere aangespoor om vroeg voor te berei vir ‘n moontlike droë plantseisoen in 2026/2027. Dit volg na waarskuwings van hoër temperature en droogte wat verband hou met El Niño-toestande. Die voorsitter van Saai, Theo de Jager, sê boere moet hul aanplantings, begrotings en watergebruik noukeurig beplan, en moet ook voorberei vir die verhoogde risiko van brande. De Jager sê boere benodig betroubare weerinligting en vroegtydige ondersteuning om die moontlike uitdagings wat voorlê te bestuur.
Saai waarsku boere om voor te berei vir droogte