# Die Ponzi-skema-beskuldigde, Louis Liebenberg, het vandag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn, waar ‘n psigiatriese verslag bevind het dat hy geen geestelike siektes het nie en geskik is om verhoor te word. Hy is verwys vir psigiatriese waarneming na vrae oor sy geestestoestand. Die verslag baan die weg vir sy strafsaak om voort te gaan. Hy […]
# Statistiek Suid-Afrika sê mynproduksie het in Junie met vier-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die daling is hoofsaaklik te wyte aan laer produksie van platinumgroepmetale, steenkool en ystererts. Mynbou-uitset het ook met 2,7-persent tussen April en Junie gedaal. Juan-Pierre Terblanche van Statistiek SA sê mineraalverkope op ‘n maandgrondslag het ook met 27,2-persent […]
# Kuba vier die 100ste herdenking van Fidel Castro se geboorte, terwyl die land te kampe het met een van sy ergste ekonomiese en politieke krisisse. Meer as een-duisend-500 aktiviste uit meer as 60 lande het na Kuba gereis vir die herdenkingsgeleenthede ter ere van die voormalige rewolusionêre leier. Die Kubaanse president Miguel Diaz-Canel sê […]
# Gregory Loftus, die pa van die vermoorde KwaZulu-Natalse taxi- en insleepdiens-eienaar Bevan Loftus, het aan die Madlanga-kommissie gesê verskeie sake teen sy seun is verdigsel. Loftus het gesê Bevan het te doen gehad met sake wat verkeersoortredings en ‘n bewering van poging tot moord ingesluit het. Hy beweer die saak van poging tot moord […]
# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigings-produksie het in Junie met 1,7-persent gedaal in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Die afname is hoofsaaklik aangevuur deur swakker produksie in voedsel en drank, hout- en papierprodukte en motorvoertuie. Produksie het sedert Mei effens gestyg. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê vervaardigingsverkope het in Junie met 1,6-persent gedaal, hoewel […]
# Forum for South Africa vra dringende regeringsingryping nadat die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, ‘n geraamde tekort van 15-miljard-rand aan die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente by universiteite en kolleges aangekondig het. Die forum se woordvoerder, Tebogo Mashilompane, sê kwalifiserende studente moet nie toegang tot onderwys geweier word weens finansiële of bestuursmislukkings nie. […]
# Die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, gaan vra dat die korrupsie-aanklagte teen haar teruggetrek word. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery nadat sy na bewering omkoopgeld aanvaar het terwyl sy minister van Verdediging was. Mapisa-Nqakula ontken enige oortredings. Die Hooggeregshof in Pretoria het die saak […]