# Die adjunkminister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, sê die konstruksiebedryf moet nuwe tegnologie gebruik om veiligheid en projeklewering te verbeter. Zikalala het tydens die beraad oor die bou-omgewing in Kaapstad gesê hommeltuie, kunsmatige intelligensie en datastelsels kan help om risiko’s vroeg op te spoor en inspeksies te verbeter. Hy sê KI moet produktiwiteit verbeter eerder as om werksgeleenthede te bedreig. Hy doen ‘n beroep op nouer samewerking tussen regeringsdepartemente om die aantal geregistreerde bou-inspekteurs te vermeerder:
Adjunkminister Sihle Zikalala vra konstruksiebedryf om nuwe tegnologie aan te gryp [KLANK]
ENG ZikalalaOnConstructionTechnology