President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet voortgaan om waarheid en geregtigheid na te streef vir die anti-apartheidsaktivis Nokuthula Simelane, wat meer as 40 jaar gelede deur die veiligheidspolisie gedurende die apartheidsjare ontvoer en gemartel is en nooit gevind is nie. Ramaphosa het tydens die intreerede van die Nokuthula Simelane-gedenklesing aan die Universiteit van Mpumalanga gesê haar familie verdien antwoorde en die waardigheid van ‘n behoorlike begrafnis. Hy het voortgesette geregtelike doodsondersoeke en ondersoeke na misdade uit die apartheid-era verwelkom:
Ramaphosa hernu oproep om geregtigheid vir anti-apartheidaktivis, Nokuthula Simelane [KLANK]
ENG RamaphosaOnNokuthula