# Run for Rangers het meer as 549-duisend-rand ingesamel om bewaring en pogings teen stropery in KwaZulu-Natal te ondersteun. Die geld sal aangewend word vir toerusting en opleiding vir veldwagters, die versterking van die stryd teen wildmisdaad, asook nuwe fasiliteite vir ‘n K9-anti-stropery-eenheid. Project Rhino sê die fondse sal praktiese ondersteuning bied aan veldwagters wat aan die voorste linies werk om renosters en ander wildlewe te beskerm.
Run for Rangers samel meer as R500 000 in om wildstropery te beveg