# Israel se ambassadeur in die Verenigde Nasies, Danny Danon, verwerp die standpunt dat nedersettings ‘n struikelblok vir vrede is. Die VN se Veiligheidsraad is bekommerd oor toenemende setlaarsgeweld, die sloop van geboue en die ontworteling van Palestynse burgerlikes in die besette Wesoewer. Alle Israelse nedersettings word volgens internasionale reg as onwettig beskou. Danon sê […]
# ‘n Gesamentlike misdaadvoorkomingsoperasie wat gister in Brooklyn en Sunnyside in Tshwane uitgevoer is, het gelei tot die inhegtenisneming van 332 verdagtes vir verskeie oortredings. ‘n Polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê die verdagtes is aangekeer vir misdade wat wissel van moord en poging tot moord tot gewapende roof. Hy sê altesaam 61 ongedokumenteerde buitelandse burgers […]
# Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap waarsku inwoners, rekeninghouers en werksoekers om waaksaam te wees teen swendelaars wat hulle voordoen as munisipale amptenare. Inwoners ontvang tans bedrieglike SMS’e wat sê hulle rekeninge is agterstallig en hulle het 14 dae tyd om te betaal voor dienste afgesny word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Debra Sauer, sê die […]
# SA Sport-toekennings: Die Protea-krieketkaptein, Temba Bavuma, die Springbok-haker Malcolm Marx en die Olimpiese silwermedalje-naelloper, Akani Simbine, is benoem as Sport-ster van die Jaar vir die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings. Laura Wolvaardt, Kira Bester en Prudence Sekgodiso is benoem as Sportvrou, en Christiaan Maas, Pieter Coetzee en Kevin Lerena as Sportman. Die Protea-mans-toets-krieketspan, die vier-maal-400-meter mans-aflosspan, en die […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare versoek die Openbare Beskermer om ‘n dringende en uitgebreide ondersoek te doen na beweerde salarisverhogings van die uitvoerende bestuur van die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika. Volgens berigte is die salarisaanpassings en bestuurproses nie in pas met die standaarde wat van ‘n openbare instelling verwag word nie. Volgens wat berig word […]
# Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê ‘n totaal van 664,3-miljoen-rand wat die Departement van Infrastruktuur toegeken het om gratis basiese huise vir 680-duisend mense op ‘n waglys te bou, is nie gebruik nie. Joy Kamineth van GOOD, sê een-duisend families kon huise gehad het, maar moet in plaas daarvan nog ‘n jaar op die […]