# Die Argentynse president, Javier Milei, dreig met ekonomiese sanksies teen ondernemings wat olie-verkenningswerk rondom die Brits-besette Falkland-eilande doen. Die eilandgroep in die suidwestelike Atlantiese Oseaan bly die onderwerp van ‘n soewereiniteitsgeskil tussen Brittanje en Argentinië, meer as 40 jaar ná ‘n oorlog oor die gebied. Milei beweer Brittanje gee nie gehoor aan die Verenigde Nasies se oproep om nie eensydige optrede in die gebied te onderneem nie. Downingstraat sê die soewereiniteit van die Falkland-eilande berus by die Verenigde Koninkryk.
Argentynse president dreig met sanksies teen olie-ondernemings werksaam naby Falkland-eilande