# Rugby: Swys de Bruin het as hoofafrigter van die Springbok-vrouespan bedank, glo weens onenigheid met SA Rugby oor onbetaalde bonusse en inmenging. Die span berei tans voor vir môre se geskiedkundige eerste tuistoets teen die Black Ferns van Nieu-Seeland in Johannesburg, die voorwedstryd vir die mans-spanne se kragmeting op die FNB-stadion. Rapport berig die bonusse hou verband met die span se toere na Kenia en Fidji, hoewel De Bruin dit nie self meegemaak het nie. Sy kontrak sou tot na 2029 se Wêreldbekertoernooi geld.
Rugby: Swys de Bruin bedank as afrigter van Springbok-vrouespan ná onenigheid met SA Rugby