Skip to content

Minister Kubayi sê regering se pogings teen korrupsie werp beduidende vrugte af

# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die stryd teen korrupsie lewer beduidende finansiële invorderings. Die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid het reeds 8,3-miljard-rand se onregmatige winste verhaal, waarvan 3,68-miljard-rand aan slagoffers uitbetaal is en 4,6-miljard-rand aan die Bate-herwinningsrekening. Die Spesiale Ondersoekeenheid het die afgelope boekjaar bates en kontant van 936-miljoen-rand ingevorder. Kubayi sê ondanks hierdie welslae is daar steeds kommer oor onthullings voor die Madlanga-kommissie oor die kaping van wetstoepassingsagentskappe en staatsamptenare.