Skip to content

Krieket: Proteas hoop vandag op heel eerste T20-oorwinning oor Namibië in Windhoek

# Krieket: ‘n Jong Protea-span hoop op ‘n heel eerste T20-oorwinning oor die gasheer in vandag se driehoekreeks-wedstryd in die Namibiese hoofstad, Windhoek. Suid-Afrika het verlede week die openingswedstryd teen Namibië verloor, wat kaptein Björn Fortuin as ‘n groot ontnugtering beskryf het. Die Proteas het Zimbabwe daarna egter twee keer verslaan en sal met ‘n oorwinning vandag deurdring na Sondag se eindstryd. Suid-Afrika is sonder talle gereelde spelers, maar kan staatmaak op opwindende jong talente soos Lhuan-dré Pretorius, Dewald Brevis en Kwena Maphaka, en die ervare Tony de Zorzi.