# Krieket: Tanzid Hasan het geskiedenis gemaak in Darwin deur die eerste kolwer van Bangladesj te word om ‘n toets-honderdtal in Australië aan te teken. Bangladesj het die begin van die eerste toets oorheers en ná die tweede dag op 351 vir ses geëindig. Die besoekers het Australië gister vir slegs 198 uitgeboul nadat Hasan […]
# Getuienisleier Adila Hassim het die Madlanga-kommissie versoek om bevindings oor die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, te maak op grond van vorige getuienis. Hy het weer nie opgedaag nie, ondanks ‘n beslissing dat hy ‘n onafhanklike mediese ondersoek moet ondergaan om sy afwesigheid te regverdig. Hassim sê die kommissie behoort gevolgtrekkings te maak oor […]
# Rugby: Die Springbok-voorspelers Elrigh Louw en Johan Grobbelaar is op die Bulle se bank ingesluit vir môre se wedstryd teen die All Blacks nadat die nasionale span hulle vrygestel het. Albei het vir Suid-Afrika gespeel in verlede naweek se oorwinning oor Argentinië. Afrigter Johan Ackermann sê dis wonderlik om hulle in sy span te […]
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Jack Bloom, het ‘n dringende vergadering met die burgemeester van Emfuleni, Hassan Mako, Rand Water en die Vaal-korporasie vir Waterdienste belê met die doel om watersuiwerings-dienste in die Vaalgebied bestendig te kry en verdere rioolstortings in die Emfuleni-munisipale gebied te voorkom. Bloom sê ‘n tussentydse bedryfs-ooreenkoms sal vandag […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het aangekondig dat Transnet 35-miljard-rand van die Nasionale Tesourie gaan aanvra vir infrastruktuur-opgraderings tot 2030. Sy het aan Bloomberg gesê die fondse is noodsaaklik om hawe-doeltreffendheid te verbeter en bedrywighede te bestendig. Creecy sê die kapitaal sal hoofsaaklik vir nuwe spoorwegroetes en gevorderde hawekoördinering-sagteware aangewend word. Dié versoek […]
# Die Suid-Afrikaanse lugredery Airlink en Qatar Airways gaan hul kode-delingsvennootskap vanaf 31 Augustus uitbrei, met Airlink wat sy 4Z-kode by Katarse vlugte voeg. Die ooreenkoms sal Airlink toelaat om Doha as sy eerste langafstand-bestemming te bemark, met kodedeelvlugte vanaf Johannesburg, Kaapstad en Durban. Die vennootskap sal later na meer bestemmings binne Qatar Airways se […]