# Die MK-party se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, sê die buitelandse valuta bly die kern van die saak teen president Cyril Ramaphosa. Mpofu het in ‘n vurige woordewisseling met regter Mark Sher in die Wes-Kaapse Hooggeregshof aangevoer die saak het vrae laat ontstaan oor waar die geld vandaan kom, hoe dit hanteer is en die beweerde […]
# Die Amerikaanse Weermag het advertensie-naspoorders op selfone en rekenaars afgeskakel nadat dit bekend geword het liggingsdata wat advertensie-ondernemings ingesamel het, word gebruik om Amerikaanse magte in die Midde-Ooste op te spoor. Reuters berig die Lugmag het die naspoorders reeds twee maande gelede afgeskakel op selfone en rekenaars, terwyl die Spesiale Operasionele Bevel dit onlangs […]
# Die Hugenote-tonnel op die N1 tussen die Paarl en Worcester in die Wes-Kaap is tydelik gesluit vir alle voertuie weens sterk dwarswinde op die akwaduk onderweg na die tonnel. Die Drakenstein-munisipaliteit sê alle verkeer word herlei na die R101 en Du Toitskloofpas. Die sluiting sal van krag bly tot weerstoestande verbeter. Motoriste word aangeraai […]
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het beslis die ANC se poging om Malusi Gigaba as medevoorsitter van die parlementêre gesamentlike staande komitee oor Verdediging te vervang, is nie volgens prosedure gedoen nie. Sy sê haar kantoor het geen amptelike kennisgewing ontvang nie, en ook nie sy bedanking nie voor ‘n ander […]
# Die Herwinningsvereniging van Suid-Afrika vra dat die prysvoorkeurstelsel vir die uitvoer van skrootmetaal opgeskort word. Die vereniging sê die beleid dwing herwinnings-ondernemings om skroot teen ‘n afslag van 30-persent aan plaaslike staalmeulens te verkoop, terwyl staalinvoere toeneem. Die organisasie sê die invoer van staalprodukte het in Julie met 36-persent gestyg vergeleke met ‘n jaar […]
# Die Departement van Water en Sanitasie versoek Suid-Afrikaners om te heroorweeg hoe water gebruik word, daagliks en tydens vierings. Dit volg op wydverspreide voorvalle van watervermorsing tydens Lentedag-vieringe, toe mense mekaar met water natgegooi het. Woordvoerder Wisane Mavasa sê hierdie saak is dringend namate Suid-Afrika die gevolge van El Niño verwag, wat hoër temperature, […]
# Die MK-party se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, sê president Cyril Ramaphosa kan nie verontskuldig word voor hy verduidelik wat geword het van die miljoene-rand wat op sy plaas, Phala Phala, gesteel is nie. Mpofu het die Wes-Kaapse Hooggeregshof toegespreek, waar Ramaphosa die bevindings van die Artikel 89-onafhanklike paneel betwis. Hy sê die Konstitusionele Hof-uitspraak oor […]