# Die Konstitusionele Hof het beslis Shell se aflandige olie- en gas-verkenning kan nie voortgaan nie. Dis ‘n terugslag vir die onderneming ná jare se regsuitdagings deur gemeenskappe wat geraak word en omgewingsgroepe. Dit stel die Appèlhof se uitspraak van 2024 tersyde, wat aflandige verkenning gesteun het. Die beslissing sal na verwagting olie- en gasverkenning […]
# Die Madlanga-kommissie gaan strafregtelike klagte lê teen die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, nadat hy weer afwesig was. Hy is die eerste getuie wat verwys word na die Nasionale Vervolgingsgesag. Sy getuienis is sedert April reeds vyf keer uitgestel en sy regsverteenwoordigers voer sy mediese toestand as rede aan. Getuienisleiers het sy afwesigheid bevraagteken […]
# ActionSA veroordeel die eThekwini Munisipaliteit se appel-aansoek teen die Hooggeregshof in Pietermaritzburg se opdrag dat hy sy grondwetlike verpligting moet nakom en inwoners van skoon en veilige water voorsien. ActionSA se burgemeesterskandidaat, Zwakele Mncwango, sê die munisipaliteit mors inwoners se geld deur sy mislukkings te verdedig in plaas daarvan om rioolinfrastruktuur te herstel. Hy […]
# Kumba-ystererts van Suid-Afrika, wat deel is van Anglo American, het ‘n ooreenkoms gesluit met China se Minerale Hulpbronne-groep om ystererts aan Chinese meulens te verskaf. Bloomberg berig die ooreenkoms dek verskepings vanaf 1 April vanjaar tot 31 Maart volgende jaar. China is verantwoordelik vir meer as die helfte van Kumba se uitvoerverkope. Die ooreenkoms […]
# Rugby: Japan se Australiese afrigter, Eddie Jones, glo sy span staan sy beste kans ooit om die Wallabies te klop wanneer hulle môre in Townsville sake uitspook. Japan het ál agt toetse teen Australië in die verlede verloor, maar hulle selfvertroue is aan die toeneem na hulle hul laaste twee wedstryde net-net verlooor het, […]
# Krieket: Tanzid Hasan het geskiedenis gemaak in Darwin deur die eerste kolwer van Bangladesj te word om ‘n toets-honderdtal in Australië aan te teken. Bangladesj het die begin van die eerste toets oorheers en ná die tweede dag op 351 vir ses geëindig. Die besoekers het Australië gister vir slegs 198 uitgeboul nadat Hasan […]
# Getuienisleier Adila Hassim het die Madlanga-kommissie versoek om bevindings oor die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, te maak op grond van vorige getuienis. Hy het weer nie opgedaag nie, ondanks ‘n beslissing dat hy ‘n onafhanklike mediese ondersoek moet ondergaan om sy afwesigheid te regverdig. Hassim sê die kommissie behoort gevolgtrekkings te maak oor […]