# Advokaat Drushantha Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het aan die Madlanga-kommissie gesê die geskorste Nasionale Polisiekommissaris Fannie Masemola is blykbaar geteiken in ondersoeke rondom die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala. Ramsamy sê daar was geen bewyse wat Masemola met Matlala verbind nie, maar ondersoekbeamptes is opdrag gegee om elektroniese toestelle te deursoek vir skakels […]
# ‘n Amerikaanse sendeling is vrygelaat nadat hy nege maande in Niger gevange gehou is. Volgens die Christelike organisasie, SIM International, is hy in goeie gesondheid. Kevin Rideout is in Oktober verlede jaar voor sy huis in die hoofstad Niamey deur drie onbekende mans ontvoer. Die New York Times, wat eerste oor sy vrylating berig […]
# Swem: Die sesmalige Olimpiese medaljewenner Florent Manaudou van Frankryk het sy uittrede aangekondig op die ouderdom van 35. Sy laaste kompetisie was in Oktober 2024, net ná die Olimpiese Spele in sy hoofstad, Parys. Manaudou het goud gewen in die 50-meter vryslag op die Spele in Londen in 2012. Hy het ook altesaam drie […]
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, het veranderings aangekondig aan die leierskap van die swart ekonomiese bemagtigingsraad vir die Inligtings- en Kommunikasietegnologie-sektor. Minki Mazibuko-Thulo is met onmiddellike ingang onthef van haar pligte as voorsitter ná raadslede en belanghebbendes kommer uitgespreek het, asook bevindings van ‘n departementele ondersoek. Malatsi sê die veranderings […]
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die boedel van die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, voorlopig insolvent verklaar, meer as twee jaar nadat hy selfdood gepleeg het. News24 berig die aansoek is gebring deur Reclamation Advisory, wat vroeër vanjaar eise teen die boedel verkry het. ‘n Voorlopige trustee sal nou aangestel word om die […]
# President Cyril Ramaphosa sê Afrika moet die belofte van bevryding verwesenlik. Hy het ‘n openbare lesing in Durban gelewer oor hoe die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Visie 2050 in dade omskep kan word. Ramaphosa sê die SAOG moet ‘n dinamiese en produktiewe streek bou waar koloniale grense nie die vloei van kennis, kapitaal, goedere, dienste, […]