# Aanlyninkopies maak nou tien-persent uit van alle kleinhandelverkope in Suid-Afrika, met ‘n omset wat na verwagting vanjaar met 22,5-persent tot 159-miljard-rand sal groei. Die navorsingsmaatskappy, World Wide Worx sê meer verbruikers koop meer gereeld aanlyn, met gerief wat die groei dryf. Takealot bly die mees gebruikte platform, gevolg deur Shein en Checkers Sixty60. Die verslag beklemtoon ook toenemende belangstelling in intekendienste en alternatiewe betaalmetodes, terwyl kleinhandelaars fokus op gemakliker eindpuntbetalings en sterker kliënte-lojaliteit.
Aanlynkleinhandel bereik 10% van totale Suid-Afrikaanse kleinhandelverkope