# Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag terwyl swaar donderstorms in die suidelike dele van die provinsie verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n vlak 4-waarskuwing uitgereik vir swaar reën, erge weerlig en skadelike wind. Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake se woordvoerder, Siboniso Mngadi, vra inwoners in laagliggende gebiede om waaksaam te bly. Hy raai motoriste aan om onnodige reise te vermy en voorsorgmaatreëls te tref:
Rampbestuurspanne in KZN ontplooi weens swaar donderstorms [KLANK]
ENG MngadiOnSevereThunderstorms