Nuus 17:00
BULLETIN 4 September 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die miljardêr Patrice Motsepe se African Rainbow Minerals se wins styg met bykans 19-persent
# Die Tuinroete maak gereed vir swaar reën en skadelike wind
# En motorsport: Lewis Hamilton is opgewonde oor sy kans om die eerste swart renjaer van Ferrari te word om in Italië te wen
# African Rainbow Minerals, gestig en gesteun deur miljardêr Patrice Motsepe, het ‘n toename van 19-persent in jaarlikse wins aangeteken. Die resultaat kom nadat sterk platinumgroepmetaalpryse die impak van laer inkomste uit sy steenkool-, ystererts- en mangaanafdelings geneutraliseer het. Die gediversifiseerde Suid-Afrikaanse mynmaatskappy se wesensverdienste het in die jaar wat op 30 Junie geëindig het, ongeveer 3,2-miljard-rand beloop, vergeleke met byna 2,7-miljard-rand op ‘n jaar grondslag. Die maatskappy se PGM-bedrywighede het weer wins getoon met een-duisend-345-miljard-rand in wesensverdienste teenoor verlede jaar se verlies van byna 1,3-miljard-rand, nadat metaalpryse met meer as 50-persent gestyg het.
# Die George Munisipaliteit in die Wes-Kaap het sy nooddienste op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas ná die Suid-Afrikaanse Weerdiens se vlak vier-waarskuwing vir ontwrigtende reën. Tot 70-millimeter reën word in bergagtige gebiede verwag, terwyl sterk tot stormsterk wind ook vandag en môre voorspel word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, waarsku teen moontlike oorstromings, gevaarlike sterk waterstrome en ontwrigtings op paaie en in verkeer:
# Altesaam 411 verdagtes is gister in Olievenhoutbosch en Wierdabrug in Tshwane in hegtenis geneem tydens Operasie Shanela. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê die verdagtes is aangekeer vir misdade wat wissel van moord, poging tot moord, gewapende roof en verkragting. Hy voeg by 100 onwettige immigrante is ook aangehou en aan immigrasiebeamptes oorhandig:
# Families in die noordweste van Nigerië sê hulle het byna twee weke ná ‘n aanval waartydens honderde mense ontvoer is, nog geen woord van die ontvoerders ontvang nie. Inwoners sê sowat 600 mense, hoofsaaklik vroue, kinders en bejaardes, is op 22 Augustus uit drie gemeenskappe in die staat Niger ontvoer, terwyl minstens 40 mense dood is. President Bola Tinubu het veiligheidsdienste opdrag gegee om die gyselaars te red, maar owerhede verskaf min besonderhede. Families sê hulle is desperaat vir antwoorde, en talle is steeds haweloos nadat hul gemeenskappe afgebrand is.
# Motorsport: Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton sê die moontlikheid om Ferrari se eerste swart Formule Een-jaer te word wat ‘n tuiswedren wen, sal uitsonderlik wees. Die Brit se hoop op ‘n oorwinning in die naweek se Italiaanse Grand Prix behoort versterk te word deur die aankoms van Ferrari se tweede enjinopgradering van die seisoen. Die voorloper in die bestuurderskampioenskap,, Kimi Antonelli van Mercedes, sal heel agter wegspring omdat hy sy kwota vir enjinonderdele oorskry het. Hamilton erken die druk is sterk op Ferrari om goed te vaar.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-1-sent teen die dollar, 18-rand-56-sent teen die euro en 21-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-432-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-381-dollar-85-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 96-dollar-48-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….