# Rusland verwerp oproepe vir ‘n skietstaking met Oekraïne in die Swartsee. Die Ministerie van Buitelandse Sake sê daar is geen ruimte vir halfhartige maatreëls wat Kiëf ‘n tydelike blaaskans sal gee nie. Dit volg na Turkye se voorstel vir ‘n moratorium op militêre operasies in die Swartsee. Rusland sê hy het nog geen formele […]
# Die geskorste National Coloured Congress-LP Fadiel Adams sê hy is gereed om verhoor te word nadat hy vandag in die Pinetown-landdroshof verskyn het. Die staat sê sy ondersoek is voltooi en het versoek dat die saak na die streekhof verskuif word vir verhoor in September. Adams word daarvan beskuldig dat hy twee gevangenes besoek […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die aanstelling van Hlengani Mathebula as administrateur van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente opgeskort, hangende die finalisering van ‘n aansoek wat sy aanstelling betwis. Sewe voormalige NSFAS-raadslede het die aansoek voorgelê en vper aan dit lyk of daar bybedoelings was met die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, […]
# Tennis: Alexandra Eala het groot belangstelling in die sport in haar tuisland, die Filippyne, veroorsaak, nadat haar plek op die wêreldranglys verbeter het. Die 21-jarige is tans in die 20ste plek na ‘n uitstekende seisoen tot dusver, insluitend om die vierde ronde van Wimbledon te bereik en die eerste Filippynse speler wat ‘n WTA-toervlak-enkelspeltitel […]
# President Cyril Ramaphosa sê Afrika moet sy afhanklikheid van ingevoerde medisyne verminder en sy eie farmaseutiese produkte, entstowwe, terapeutiese middels en beskermingstoerusting vervaardig. Gedurende ‘n openbare lesing tydens SAOG Visie 2050 in Durban, het Ramaphosa gesê die Covid-19-pandemie het die vasteland se kwesbaarheid blootgelê toe lande gesukkel het om entstowwe en persoonlike beskermingstoerusting te […]
# Advokaat Drushantha Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie het aan die Madlanga-kommissie gesê die geskorste Nasionale Polisiekommissaris Fannie Masemola is blykbaar geteiken in ondersoeke rondom die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala. Ramsamy sê daar was geen bewyse wat Masemola met Matlala verbind nie, maar ondersoekbeamptes is opdrag gegee om elektroniese toestelle te deursoek vir skakels […]
# ‘n Amerikaanse sendeling is vrygelaat nadat hy nege maande in Niger gevange gehou is. Volgens die Christelike organisasie, SIM International, is hy in goeie gesondheid. Kevin Rideout is in Oktober verlede jaar voor sy huis in die hoofstad Niamey deur drie onbekende mans ontvoer. Die New York Times, wat eerste oor sy vrylating berig […]