# Die Wes-Kaapse regering is besig om steun vir Theewaterskloof Munisipaliteit te versterk, om bestuur, watersekerheid en basiese dienste te verbeter. Meer as 31-miljoen-rand is in die 2025/2026 finansiële jaar toegeken vir infrastruktuurprojekte, waarvan 96-persent reeds bestee is. Bykomende befondsing word ook voorsien vir water-, afvalbestuur- en elektrisiteitprojekte. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en […]
# Die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie moet skade van nagenoeg 400-duisend-rand herstel ná onlangse studente-onrus op sy kampusse. Die onrus het skade aan universiteitseiendom en geriewe veroorsaak, wat verdere finansiële druk op die instelling plaas. Die ontwrigting het kampusbedrywighede geraak en owerhede moes spook om die orde te herstel en die omvang van die […]
# Sokker: Druk neem verder toe op FIFA-president Gianni Infantino nadat Nieu-Seeland die jongste land geword het wat steun vir sy herverkiesing volgende jaar onttrek het. Verskeie lande het reeds besluit om die Italianer nie vir ‘n vierde termyn te steun nie, terwyl die beheerliggame van Europa, Asië en die Amerikas ‘n hersiening van sy […]
# Die Drankfederasie van Suid-Afrika sê onwettige alkohol verteenwoordig sowat 18-persent van alle alkohol wat in Suid-Afrika verkoop word, met die onwettige mark wat meer as 25-miljard-rand werd is. ‘n Studie deur Euromonitor toon die onwettige alkoholmark het sedert 2017 met 55-persent gegroei en die regering het in 2024 bykans 17-miljard-rand aan aksynsinkomste verloor. Die […]
# Die Vryheidsfront Plus sê Afrikaanse onderwys en privaat befondsde instellings moet nie as ‘n vorm van onderdrukking beskou word nie. Die party het reageer op kommentaar deur die voormalige minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Naledi Pandor, oor die Afrikaanse Universiteit, Akademia. Wynand Boshoff van die VF Plus sê privaat befondsde Afrikaanse onderwys is […]
# Die GOOD-party sê die Madlanga-kommissie moet ‘n permanente nasionale polisie-integriteitstribunaal word om korrupsie en beweerde verbintenisse tussen wetstoepassing en georganiseerde misdaad te ondersoek. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die kommissie het die waarde van oop ondersoeke bewys. Hy glo soortgelyke ondersoeke is nodig in Kaapstad, waar gemeenskappe lank reeds bekommerd is oor […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is “diep beskaamd” oor aanvalle op buitelandse burgers. Sy opmerkings kom te midde van kommer oor aanvalle wat op migrante en ander buitelanders gemik is. Ramaphosa het voor ‘n vergadering van die leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Durban gesê geweld en xenofobie het geen plek in Suid-Afrika nie, […]
# Reddingswerkers in Colombia was in ‘n wedloop met tyd gewikkelom ‘n man te red wat byna vier dae na ‘n kragtige aardbewing lewend onder ‘n ineengestorte hotel gevind is. Ten minste 285 mense is dood in die aardbewing met ‘n meting van 7,4 en byna vier-duisend is beseer, terwyl byna 400 mense vermis word. […]
# Opruimingswerk is tans aan die gang nadat ‘n vragmotor in Knysna gebots en omgeslaan het. Van die wrakstukke is reeds verwyder, maar die hele proses sal na verwagting ‘n geruime tyd duur. Motoriste word dus aangeraai om versigtig en geduldig te wees op die betrokke deel van die N2. ‘n Stop-en-ry verkeersbeheerstelsel is tans […]