# Die staat sê die leerdervervoerbestuurder Ayanda Dludla se lewe kan in gevaar wees indien hy borgtog kry, weens voortgesette openbare woede oor die ongeluk waarin 14 leerders vroeër vanjaar in Vanderbijlpark dood is. Die staat het aan die Vanderbijlpark-landdroshof gesê Dludla se vrylating sal nie in belang van geregtigheid wees nie. Dludla staan tereg […]
# Eskom sê hy kon ten volle in die elektrisiteitsvraag gedurende die 2026-winter voorsien, met Suid-Afrika wat nou reeds 476 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag is. Die nutsmaatskappy se energiebeskikbaarheidsfaktor het op ‘n jaargrondslag tot 67,79-persent gestyg, die hoogste sedert 2020, terwyl onbeplande onderbrekings tot 19,47-persent gedaal het. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê dieseluitgawes het met 4,84-miljard-rand […]
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het uitspraak voorbehou in president Cyril Ramaphosa se aansoek om die Artikel 89-verslag deur die Onafhanklike Paneel oor die Phala Phala-skandaal tersyde te stel. Die driedag-verhoor is deur regterpresident Nolwazi Mabindla-Boqwana gelei en moes bepaal of die Konstitusionele Hof binne sy mandaat was met sy bevindinge oor die verslag. Ramaphosa se […]
# ‘n Russiese hommeltuig het gister die hoofkwartier van Oekraïne se SBU-veligheidsdiens in Kiëf getref, een van die mees prominente teikens sedert Rusland sy lugaanvalle op Oekraïne verskerp het. Minstens 12 mense is in die aanval beseer. Dit kom te midde van twee Amerikaanse vredesonderhandelaars se beplande besoek môre aan Kiëf. President Volodymyr Zelensky het […]
# Krieket: Die Proteas het Namibië gister in Windhoek met 11 lopies geklop en daarmee hul plek in die eindstryd van die T20- driehoekige reeks verseker. Suid-Afrika het 228 vir vier aangeteken, met Lhuan-dré Pretorius wat sy eerste T20 Internasionale honderdtal bereik het met 101 lopies van 53 balle. Connor Esterhuizen het ook beïndruk met […]
# Die GOOD Party sê die jongste syfers oor voedselarmoede beklemtoon die ontoereikendheid van die maatskaplike verligtingstoelaag van 370-rand. Die party voer aan die toelaag is heelwat laer as die maandelikse bedrag van 868-rand wat nodig is om in ‘n volwassene se basiese daaglikse voedselbehoeftes te voorsien. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron doen ‘n […]
# Nal’ibali vier Geletterdheidsmaand en Erfenismaand onder vanjaar se tema “My Geletterdheid, My Taal, My Erfenis”. Die geletterdheidsorganisasie bring lees-, storievertel-, taal- en kultuurbedrywighede na kinders, gesinne en gemeenskappe in sewe provinsies. Die veldtog het ten doel om geletterdheid te bevorder terwyl Suid-Afrika se ryk verskeidenheid tale, kulture en erfenis gevier word. Nal’ibali vra organisasies, […]
# Suid-Afrika vier hierdie week Nasionale Boomplantweek en beklemtoon die belangrike rol wat bome in gemeenskappe en stede speel. September is Boomplantmaand, en die tema vanjaar is, “My Boom, My Suurstof, Plant Joune Vandag.” Woordvoerder van Johannesburg Stadsparke en Dieretuin, Jenny Moodley, sê die veldtog bevorder boomplant, inheemse spesies en veerkragtige stedelike woude. Sy beklemtoon […]
# Eskom sê groot kragtoevoeronderbrekings raak kliënte in verskeie dele van die Wes-Kaap. Betrokke gebiede sluit in Beaufort-Wes, George, Laingsburg, Oudtshoorn, Citrusdal-plase, die Kaapse Wynlande en Blackheath. Herstelspanne is uitgestuur om die skade te bepaal, maar daar is tans geen beraamde tyd vir die herstelwerk nie. Slegte weer het ook Eskom se spanne verhoed om […]