Skip to content

Ongure weer vertraag Eskom se herstelwerk in dele van Wes-Kaap

# Eskom sê groot kragtoevoeronderbrekings raak kliënte in verskeie dele van die Wes-Kaap. Betrokke gebiede sluit in Beaufort-Wes, George, Laingsburg, Oudtshoorn, Citrusdal-plase, die Kaapse Wynlande en Blackheath. Herstelspanne is uitgestuur om die skade te bepaal, maar daar is tans geen beraamde tyd vir die herstelwerk nie. Slegte weer het ook Eskom se spanne verhoed om toegang tot sommige gebiede te verkry, insluitend Oudtshoorn. Kliënte word versoek om alle elektriese infrastruktuur as lewendig te beskou, aangesien krag sonder waarskuwing herstel kan word.