# Die GOOD Party sê die jongste syfers oor voedselarmoede beklemtoon die ontoereikendheid van die maatskaplike verligtingstoelaag van 370-rand. Die party voer aan die toelaag is heelwat laer as die maandelikse bedrag van 868-rand wat nodig is om in ‘n volwassene se basiese daaglikse voedselbehoeftes te voorsien. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron doen ‘n beroep op die vervanging van die SRD-toelaag met ‘n basiese inkomstetoelaag van minstens een-duisend-457-rand om miljoene werklose Suid-Afrikaners te help om in hul basiese behoeftes te voorsien:
GOOD-party sê nuwe voedselarmoedegrens toon tekortkominge van SRD-toelaag [KLANK]
ENG HerronOnPovertyFigures